Tragedie traumatiseer Eldorado-gemeenskap

Tragedie traumatiseer Eldorado-gemeenskap


‘n 4-Jarige dogtertjie, Nikita Kiewietse, tans bekend op sosiale media platforms as “Baby Nikita” is op Woensdag 6 Augustus 2025 deur haar pa, Ethan Watson, fisies mishandel en verkrag. Die insident het in Eldorado Park, Johannesburg afgespeel en ‘n klag is by die polisie gemaak.

Met die aankoms van die polisie is hulle na ‘n agterplaashut wat gegrendel was. Hulle het op die dogtertjie met kneusplekke, kopbeserings en ‘n geswelde oog afgekom te same met die dogtertjie se kleiner broer en pa.

Volgens beriggewing kon die pa nie die gebeurtenis verduidelik nie en is gearresteer terwyl sy dogter na die naaste hospitaal geneem is.

‘n Video-opame is gemaak deur ‘n buurvrou wat moes hoor hoe die 4-jarige dogter om hulp smeek en skreeu nadat sy geen hulp aan haar kon aanbied nie weens die geslote deur. Sy het egter nie geweet dat dit later as bewyse gebruik sou word deur die polisie nie. Die vrou beweer dat sy die video opgeneem het vir die ma van die dogter, want sy het haar nooit geglo as sy sê wat die pa met die kinders doen nie.

Die pa was eers aangekla van poging tot moord en gedwonge verkragting, maar die klag is na moord en verkragting gewysig nadat sy dogter op Vrydag 8 Augustus 2025 in die hospitaal haar laaste asem uitgeblaas het. Die moeder was ook aangekla van regsverydeling en ook in hegtenis geneem.

Die Eldorado Park-gemeenskap het op Dinsdag 19 Augustus finaal afskeid geneem van “Baby Nikita” toe daar in die Don Mateman-saal vir haar ‘n begrafnisdiens gehou is. Nikita se broertjie het waargeneem wat met Nikita gebeur het en sal vir die res van sy lewe daarmee moet saamleef.

“Baby Nikita” se ouers het hul borgtogaansoek laat vaar met die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) wat bevestig dat die ma nou ook ‘n moordaanklag in die gesig staar en die gemeenskappe van Suid-Afrika verwag dat geregtigheid moet geskied.

‘n Foto van die begrafnisdiens van Nikita Kiewietse wat onder baie moeilike omstandighede gesterf het. Foto: Verskaf

Die mediaverklaring deur die SAPD kan hier gelees word: https://www.saps.gov.za/newsroom/msspeechdetail.php?nid=62946

Lees gerus ook Jakaranda FM se weergawe van gebeure hier: https://www.jacarandafm.com/news/news/nikita-abuse-death-doesnt-exist-vacuum-mourners-told/

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

five × 1 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights