Mnr en Mej HSB gee terug aan die gemeenskap

Mnr en Mej HSB gee terug aan die gemeenskap


Vanjaar het die deelnemers van Mnr. en Mej. HSB besluit om dinge anders te doen. Hulle het besluit om terug te gee aan die gemeenskap deur ‘n fondsinsamelingprojek aan te pak ten bate van die DBV te Ashton.

Daar was elke pouse ‘n waentjie by die hoër- en laerskool beskikbaar waarin leerders enige bydrae kon gaan insit. Daar is onder andere kos, leibande en ‘n kontantbedrag aan die Wynlandse DBV geskenk.

Op 21 Julie het die finaliste die DBV gaan besoek waar hulle vrywillige werk gaan doen het. Daar het hulle met die diere gespeel en die agtergrond van die diere gehoor.

Die finaliste het ook vaardighede aangeleer oor hoe om met die diere te werk. Hulle het meer inligting ontvang oor hoe die DBV befonds word asook wat hulle doel in die gemeenskap is.

Fransél Viljoen speel met die DBV-hondjies Foto: Belinda Stemmet

Dit het nou die DBV se taak geword om fondsinsamelings te loots waar daar kos, komberse, speelgoed, mediese hulpmiddels en vele meer vir die diere ingesamel word.

Op die laaste Saterdag van die maand word daar gewoonlik ‘n dag gehou waar mense met die diere kan gaan speel en hulle hulp verleen.

Dit was baie opwindend vir alle finaliste om deel te wees van iets só groot waar hulle terug kon gee aan die gemeenskap.

Kuhwin Swarts (gr.12) sê: “Dit was een van die beste besluite om die DBV deel van die Mnr. en Mej. HSB te maak. Dit was vir my kosbaar om tyd te kon spandeer met die diere en meer te leer oor hoe troeteldiere behandel moet word en hoe ons hulle kan help.”

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

five × three =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights