Sal inbrake ooit tot ‘n einde kom?
Die afgelope paar jaar het die klubhuis en snoepie die teiken geword van skelms. Talle inbraak pogings was al geloods by hierdie twee waardevolle geboue.
Die eerste inbraak poging hierdié jaar het plaasgevind op 14 April 2023, waar die planke van die klubhuis se deur afgebreek was om toegang te verkry.
Op 19 April 2023 was die laerskool snoepie besteel van twee Russel Hobbs flat toasters en snoepie voorraad. Die deur was stukkend getrap deur die inbrekers om toegang te verkry.
Na veiligheidprosedures in plek gestel was om die snoepie te beveilig, was dit steeds nie genoeg om die inbraak van 20 Mei 2023 te verhoed nie. Die LED-sensorliggie was toegemaak met toiletpapier om te verhoed dat enige beweging waargeneem word en die veiligheidshek se slot was afgesteel.
Secunet sekuriteitsdienste was eerste op die toneel saam met die polisie om verdere ondersoeke te doen, maar die saak was ongelukkig toegemaak, weens die gebrek aan enige moontlike verdagtes.
Die inbrake het die skool met baie finansiële skade nagelaat.

Tannie Lelise Scheepers, (OOK-voorsitter van die SBL) wie in beheer is van die snoepie by sportgeleenthede het die volgende te sê gehad aangaande die inbrake,”Ons werk hard om die geldtjie te benut op ander broodnodige goed wat aandag kort. Nou moet ons elke keer nuwe deure en veiligheidshekke koop. Om die diefstal te voorkom het ons nuwe alarmstelsels geïnstalleer.”
![]()

Ek geniet dit om te bak, swem en boek te lees. Ek hou baie van honde en kan katte nie verdra nie.