Bonnies skiet, swem en hardloop laat dit spat

Bonnies skiet, swem en hardloop laat dit spat


Die nege opgewonde atlete staan reg om aan die Wes-Kaapse Biathle en Triathle Kampioenskap deel te neem. Foto: Verskaf

Ná maande van hard oefen en fyn mik, is nege Hoërskool Bonnievale atlete vir die Wes-Kaapse Biathle en Triathle Kampioenskappe gekies.

Die atlete het op 16 en 17 April 2022 by Glenwood House in George saam met hulle afrigter, me. Liezel Wessels, deelgeneem. Me. Wessels was eerste in haar ouderdomsgroep, as deel van die Kaapse Wynlande-span.

Renso de Wett (gr. 7), staan met ‘n trotse eerste plek op die podium. Foto: Deidre Cloete

Dié leerders het as volg presteer:

  • Biathle: Renso de Wet – 1ste, Jonathan Davids – 1ste,  Malan Schoeman – 1ste, Lisa van Zyl – 3de, Nelius Möller – 3de, Kayla Schoeman – 2de.
  • Triathle: Mia van Zyl – 3de, Lisa van Zyl – 2de, Malan Schoeman – 1ste, Kayla Schoeman – 3de.

“Ek dink dit was vir almal baie lekker, veral omdat ons weer kon deelneem. Die Bonnies het mekaar baie aangemoedig tydens die deelname,” sê me. Wentzel oor die byeenkoms.

Triathle is waar atlete elektroniese teikens skiet met ‘n laserpistool, gekombineer met swem. Biathle is ‘n kombinasie van hardloop en swem. Afhangend van die ouderdomsgroep, kan die swemafstand van 25 tot 50 m in biathle, en 50 tot 200 m in triathle strek. Die skietafstand wissel van 3 tot 10 m.

“Dit was baie pret ná ‘n lang tyd van nie deelneem nie. Ons almal het dit geniet,” noem Nelius.

Opkomende byeenkomste sal op 8 Mei (die Wes-Kaapse Laser Run), 28-29 Mei, (Biathle en Triathle Suid-Afrikaanse Kampioenskappe) en 24 Junie (die Suid-Afrikaanse Laser Run Kampioenskappe) plaasvind.

John-Ree Tamboer (gr. 12) fokus op die harde wedloop wat voorlê. Foto: Deidre Cloete

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

5 + fourteen =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights