Bonnies begin patrollies

Bonnies begin patrollies


 

Die op- en aflaaisone voor die laerskool, waar die skolierpatrollie gaan staan. Foto: Drika Steyn

Hoërskool Bonnievale het besluit om ‘n skolierpatrollie in Waterkantstraat by die laerskool te begin. Die skolierpatrollie gaan die veiligheid van die leerders verhoog.

Die skool het besluit daar moet ‘n skolierpatrollie wees om die veiligheid van leerders te verseker. Die kinders hardloop oor die paaie, taxi’s stop net waar hulle wil en motoriste kyk nie altyd waar hulle ry nie. Dus gaan die skolierpatrollie in die oggende voor skool en in die middae ná skool seker maak dat die leerders veilig die pad oorsteek.

Die siftingsproses om die finale skoolpatrollie te kies is tans aan die gang. Sover is daar tien leerders wat aansoek gedoen het, maar daar is net plek vir ses leerders om op die skolierpatrollie te wees.

Daar gaan vier volwassenes wees om te help met die skolierpatrollie en hulle wil so gou as moontlik daarmee begin, maar hulle is nog op soek na twee volwassenes om te help voordat hulle kan begin met opleiding.

Volgens mnr. Francois Hattingh (laerskoolonderwyser) is die kinders wat ‘n kans het om op die skolierpatrollie te wees baie opgewonde. Hulle pette en hempies is al gereed. Hy sê ook dat dit goeie ondervinding vir die leerders sal wees.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

five × three =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights