Matilda se avonture

Matilda se avonture


Matilda Marathon - Exposed Magazine
Matilda lê gemaklik en bestudeer ‘n storieboek. Illustrasie: Verskaf

Die boek Matilda, is moderne fiksie, geskryf deur Roald Dahl. Dit is vol avonture en humor. Alhoewel die omslag jou sal laat dink dat dit ‘n kinderboek is, is dit allesbehalwe.

Die verhaal neem jou op ‘n ontdekkingstog saam met Matilda en haar gunsteling-onderwyser, me. Honey, wat op verskeie humoristiese avonture gaan en waar Matilda haar ongewone towerkragte ontdek. Die klein dogtertjie is uiters slim en word glad nie deur haar gesin verstaan nie.

Op die ouderdom van vier het Matilda haarself leer lees en smag daarna om skool toe te gaan om meer te leer. Haar ouers is ‘n baie slegte voorbeeld vir haar. Haar pa is ‘n krimineel wat stukkende motors aan mense verkoop vir baie hoë pryse. Haar ma gaan elke dag bingo speel. Haar ouers los haar alleen by die huis tot laat die aand.

Matilda se pa gaan ‘n ooreenkoms aan met ‘n skoolhoof en daarna is sy na die skool gestuur. Die skool is nie wat sy gedink het dit gaan wees nie. Hul skoolhoof is ‘n baie kwaai oujongnooi en sy het ‘n baie vreemde manier om kinders te straf. Matilda maak gelukkig baie vinnig maats en pas dadelik in.

Die boek is geskik vir enige ouderdom wat belangstel om dit te lees. Dit is daarop gemik dat die leser hulself so in die storie moet kan inleef dat dit voel asof hulle dit self beleef. Dit is moeilik om die boek neer te sit en nie nog ‘n bladsy of twintig te lees nie.

Loading


2 Replies to “Matilda se avonture”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

6 + 17 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights