HSB-skoolhoof ingeënt!

HSB-skoolhoof ingeënt!


Die Kovid-19-entstowwe raak ‘n werklikheid vir al hoe meer Suid-Afrikaners. Mnr. Johan Els (skoolhoof van Hoërskool Bonnievale) en sy vrou, me. Aletta Els (wiskunde-onderwyser by die hoërskool), het hulle onlangs teen Kovid-19 laat inent.

Me. Els sê: “Ons hele oorweging om te gaan vir die inenting was gebaseer op die hoop dat dit ons gesond sal hou en sal verhoed om nie Kovid-19 te kry nie.”

Mnr. Johan Els (skoolhoof van HSB) word in Robertson ingeënt teen Kovid-19. Foto: Verskaf deur me. Aletta Els.

Mnr. en mev. Els het hul eerste dosis van die Phizerentstof gekry by die Callie de Wet-kliniek wat by Robertson Hospitaal opgerig is. Hulle gaan die 13de Julie vir hul tweede dosis. ‘n Vereiste van die Phizerentstof is dat ‘n mens ná 42 dae ‘n tweede dosis moet ontvang.

Volgens mev. Els kry elke persoon sy eie spuitnaaldjie wat uit boksies gehaal word, waarna die inspuiting deur die verpleegster in die bo-arm toegedien word. Tot nou toe het hulle nog geen newe-effekte ervaar nie.

Sy sê verder die hele proses was baie professioneel gedoen.

Die Suid-Afrikaanse regering het bevestig dat inenting teen Kovid-19 nie in Suid-Afrika verpligtend is nie, hoewel dit sterk aanbeveel word.

Die minister van Basiese Onderwys, me. Angie Motshekga, het onlangs aangekondig dat hulle beplan om onderwysers teen Julie in te ent.

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) het hierdie week vorms na onderwysers in die provinsie versprei waarop onderwysers en onderwyspersoneel kan aandui of hulle die entstof wil ontvang of nie.

Om vir die entstof te registreer, besoek hierdie webtuiste of stuur die woord REGISTER na 0600 123 456 of skakel *134*832#. Vir hulp om te registreer, skakel 0860 142 142.

Lees ook hierdie berigte op Voorwaarts Aanlyn:

Loading


One Reply to “HSB-skoolhoof ingeënt!”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

2 × two =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights