Bonnies beste met geldsomme
Twee leerders van Hoërskool Bonnievale het onlangs aan Capitec se aanlyn finansiële wiskundekompetisie deelgeneem. Jean-Jacque du Preez (Gr.11) het ‘n tweede plek in die Graad 10 en 11 kategorie behaal terwyl Christiaan de Wet (Gr.9) die eerste plek in die Graad 8 en 9 kategorie verower het.

Christiaan de Wet deel sy ervaring van die kompetisie:
Die kompetisie is landswyd oor die MobiTutorZA-toep aangebied. Die toep is ‘n leerhulpmiddel en beskik oor verskeie vraestelle van verskillende vakke waarmee leerders hulself kan toets. Dit hou ook gereeld sy eie onafhanklike wiskundekompetisies.

Ek hou nie daarvan om inligting, persoonlik of nie, oor die internet te deel nie.